May 9th, 2008

(no subject)

Hello julle!

Ek was twee jaar terug laas op livejournal. Ek het twee jaar terug in Spanje gebly en ek het vreeslik verlang na Suid-Afrika. Die naaste aan Afrikaans was Nederlands en aangesien ek Nederlands gestudeer het op universiteit, verstaan ek dit heel goed.

Ek is nou terug in Kaapstad en ek is 'n Afrikaanse onderwyseres. Ek sou graag deel van hierdie gemeenskap wou bly, maar ek sien dat slegs Nederlandssprekers en mense van België en Nederland deel van die gemeenskap kan wees...is dit in orde as ek dalk steeds so elke nou en dan kom loer wat julle doen en vir julle briefies skryf?

Ek is mal oor julle taal! Dis die mamma van myne...so laat weet asseblief wat julle dink. As julle 50 % van my e-mail (e-pos in Afrikaans) verstaan, dan dink ek, ek het ook die reg om hier te blogg? Of hoe????

Cheers vir eers,
A3